Gister het ek en Cara ‘n paar kunswerke gemaak. Hier onder is
die metode, volg dit en dan na stap vier vat jy ‘n papier en sit dit bo-op die bordjie
neer. Druk dit ‘n paar keer liggies en
lig die papier op. Jou papier behoort gekleur te wees.(opsioneel)
JY BENODIG:
Kleursel
Skottelgoedseep
Bordjie(ons het sommer 'n piering gebruik)
METODE:
Stap 1: Vat die bord en gooi ‘n lagie melk daarin.
Stap 2: Gooi ‘n druppel kleursel aan die een kant en ‘n ander kleur
druppel aan die ander kant in.
Stap 3: Gooi ‘n druppel skottelgoedseep in elke
druppel kleursel .
Stap 4: Nou kan jy kyk wat gebeur.
Deur Lene-Mari

Ons het lekker gemors
ReplyDeletedit klink maklik , maar is dit maklik????????
ReplyDelete