Monday, 22 July 2013

Fliek ramp

Ek kon nie wag nie. Ek was ook nie die enigste een wat opgewonde was nie. Ek en Lene sou al verlede Saterdag Despicable Me 2 gaan fliek het, maar eers was daar 'n probleem met Lene se kaartjie. Toe dit uiteindelik uitgesorteer was, het ons gaan sit. Ons het skaars gesit,toe 'n personeellid inkom om te sê dat die projektor gebreek het. Ons skuif toe maar oor na Epic toe. Epic was ook goed,maar almal wou eerder Despicable Me gekyk het.
Hierdie Vrydag aand het ek en nog 'n vriendin by Lene oorgeslaap. Die volgende dag sou ek en Lene Despicable Me gaan kyk het. Ons besluit toe (om die ander vriendin se onthalwe) om eerder nie te gaan fliek nie, maar dit op die internet (op ons eie projektor) by die huis te kyk. Die fliek was egter baie swak kwaliteit gewees. Die ander vriendin was lankal huistoe, toe ons nog sit en wag vir die fliek om te laai. Dit was al verby vyf-uur toe ons uituindelik besluit om die fliek maar by die winkelsentrum te gaan kyk.Gelukkig het ons dit toe op die ou-end gekyk. Dit was die moeite werd.

No comments:

Post a Comment