Tuesday, 3 September 2013

Anna Kendrick - Cups (Pitch Perfect's "When I'm Gone")

Jammer ons het so lank laas gepost ,maar ons is terug op die internet........

Vat asseblief 'n paar minute om my en Cara se gunsteling Pitch Perfect se liedjie te luister!!!!

Monday, 22 July 2013

Fliek ramp

Ek kon nie wag nie. Ek was ook nie die enigste een wat opgewonde was nie. Ek en Lene sou al verlede Saterdag Despicable Me 2 gaan fliek het, maar eers was daar 'n probleem met Lene se kaartjie. Toe dit uiteindelik uitgesorteer was, het ons gaan sit. Ons het skaars gesit,toe 'n personeellid inkom om te sê dat die projektor gebreek het. Ons skuif toe maar oor na Epic toe. Epic was ook goed,maar almal wou eerder Despicable Me gekyk het.
Hierdie Vrydag aand het ek en nog 'n vriendin by Lene oorgeslaap. Die volgende dag sou ek en Lene Despicable Me gaan kyk het. Ons besluit toe (om die ander vriendin se onthalwe) om eerder nie te gaan fliek nie, maar dit op die internet (op ons eie projektor) by die huis te kyk. Die fliek was egter baie swak kwaliteit gewees. Die ander vriendin was lankal huistoe, toe ons nog sit en wag vir die fliek om te laai. Dit was al verby vyf-uur toe ons uituindelik besluit om die fliek maar by die winkelsentrum te gaan kyk.Gelukkig het ons dit toe op die ou-end gekyk. Dit was die moeite werd.

Thursday, 11 July 2013

Dans👯

Ek & Cara doen altwee ballet by Caroline Kotze dansstudio vir so ses of sewe jaar en dit is hoe ons vriendinne geraak het.







  Dit is Cara toe ons bye was in een of     ander konsert.Ek het ongelukkige nie 'n   photo van my nie,maar ek is seker julle   gee nie om nie
Dit is ek toe ons snowflakkes in die "artscape" opgetree het.


"Sweet as a cupcake"


Lene het vandag 'n pakkie
 "instant" kolwyntjie
 mengsel saamgebring.
 Ons was net mooi klaar met die deeg,toe ek sien
 dat ons vergeet het om die
 oond aan te sit. Terwyl ons
 wag vir die oond,maak
 ons solank die
 versiersuiker aan. Ek maak toe die
 simpel fout om vir Lene
 die water te laat ingooi.
 Ons was veronderstel
 om 'n kwart van 'n eetlepel
 in te gooi,maar Lene
 gooi sommer twee eetlepels in.
 Dit was natuurlik heeltemal te slap.
 Gelukkig kon Lene dit
 met 'n paar shokolade-stukkies red.

Nina,Jessie of Tiaan...

Het jy al ooit van die boek Nina en die wacky hare gehoor? As jy nie het nie gaan na http://www.tafelberg.com/Books/12334 om meer uit te vind.

VRAAG  1:  Wat is jou gunsteling kleur?
a.)    Pienk
b.)    Pers
c.)     Blou
VRAAG 2:  Wat is jou gunsteling dier?
a.)    Papegaai
b.)    Kat
c.)     Hond
VRAAG 3:  Wat is jou gunsteling  plant? 
a.)    Klappertjieblom
b.)    Hibuskus
c.)     Aalwyn
VRAAG 4:  Wat is jou gunstelig skool Vak?
a.)    Natuurwetenskap
b.)    Geskidenus
c.)     Wiskunde
VRAAG 5:  As jy net een sort kos vir die res van jou lewe moet eet wat sal dit wees?
a.)    Doughnut
b.)    Gemmer koekies
c.)     Spaghetti
VRAAG 6: Wat is jou gunsteling kar?
a.)    Subaru
b.)    Volvo
c.)     Buggatti
VRAAG 7:  Wat wil jy word as jy ouer is?
a.)    Mode ontwerpe
b.)    Onderwyser
c.)     Bouer
VRAAG 8: Wat is jou gunstelling see dier?
a.)    Dolfyn
b.)   
                                                                        
Vis
c.)     Haai

                                                                                                                      deur Lene

Wednesday, 10 July 2013

Die Top vyf internetspeletjies

         Die Top vyf internet speletjies:
          1.)Animal Jam
          2.)Moviestarplanet
          3.)Littelest pet shop
          4.)stardoll
          5.)Moshi Monsters

Of wat dink jy?...
Los asseblief  'n kommentaar

"Catwalk style"

My kat (Jessica) was nog nooit spesifiek lief vir foto’s of aantrek nie.
Of,so het ek gedink. 
Vandag ,toe ek en Lene gewonder het wat om te doen, het Jessie by ons kom sit. 
Die idee het toe in ons koppe gespring om haar aan te trek. 
Ek het ‘n paar van my ma se serpe en ‘n kamera gaan haal en ons was reg om te begin.
Ek wou sommer dadelik ‘n serp gryp en om haar draai, maar Lene keer my.
”Ons  moet haar eers rustig maak”, het sy gesê.
Ons lê haar toe op die mat neer en masseer haar ore.
Toe ons seker is dat sy rustig is, drapeer ek die eerste serp om haar.
Terwyl Lene haar streel,neem ek die foto’s.
 Al moet ek self so sê, dink ek dit het nogal goed uitgekom.
                                                                                                                        deur Cara

                                                               

           deur Cara en Lene